Welkom

Sapphire Town Center, Suzhou, China Loma Larga, San Pedro Garza Garcia, Monterrey, Mexico Martineau Bay Golf Club and Spa Kuala Lumpur, Malaysia Kananaskis, Alberta, Canada

Oor Die Firma

Design Workshop is 'n toekenningsbekroonde firma wat landskapargitektuur, terreinbeplanning, stedelike ontwerp en strategiese dienste kan verskaf. Met omgewingsbewustheid ons hoofprioriteit, Design Workshop balanseer behoudbare ontwerp met ekonomiese behoeftes en die behouding van estetiese, gemeenskaplike en kulturele waardes.

Van stadspleine tot nasionale parke en binnestede, neem Design Workshop die voortou in vir oorspronklike beplanning en ontwerpsoplossings vir nuwe gemeenskappe, gemengde gebruik/kleinhandel, gholf en oorde, private blyplekke en stedelike hernuwing. Boonop, het ons ook kampusse en terreinontwikkelings ontwerp en strategiese beplanning en gebiedsbeplanning dienste verskaf.

Ons Benadering

Ons firma is toegewy aan die skepping van spesiale plekkke wat aan vandag se behoeftes voldoen en wat vir altyd as behoudbare omgewings gaan beskou word. Ons benadering word gedefineer deur 'n metode wat ons ten volle omhels. Dit is 'n sienswyse met 'n omvattende perspektief en 'n medewerkende metode. Ons noem hierdie omvangryke en behoudbare benadering DW Legacy Design®. Hierdie eiendomlike proses streef daarna om elke projek met die ideale balans tussen omgewingsbewustheid, gemeenskapsbegeertes, kunstige skoonheid en ekonomiese lewensvatbaarheid te besiel. Projekte wat hierdie soort harmonie behaal is blywende plekke wat 'n verskil maak vir gemeenskappe, die samelewing en die welsyn van die planeet en wat 'n erfenis vir toekomstige nageslagte agterlaat.

 


Laai Die Brosjure Af


Voorbeeldige Projekte